" KLEIN AFRIKA
Selfsorg Kothuis op 'n kleinhoewe naby Oudtshoorn, Klein & Groot Karoo,
Western Cape, Suid Afrika "

 

English | Afrikaans
Akkommodasie | Natuurskoon
Quarterly Update | Brosjure
Kango Grotte | Kango Wildlife Ranch | Volstruis Skouplase | Rust en Vrede Waterval | Swartberg Eco Adventure
Kontakbesonderhede | Padkaart
subglobal8 link | subglobal8 link | subglobal8 link | subglobal8 link | subglobal8 link | subglobal8 link | subglobal8 link

Tuis


Geniet ‘n naweek, of langer, op Klein Afrika – in die hart van die Klein Karoo.

Klein Afrika is geleë in die hartjie van die vreedsame plaasgemeenskap van Schoemanshoek en is omring deur die voetheuwels van die historiese Swartberge.

Die vier selfsorg kothuise wat op n kleinhoewe buite Oudtshoorn opgerig is, is naby genoeg aan die dorp vir n vinnige besoek, maar beslis ver genoeg om nie deur die geluide van mense en verkeer gesteur te word nie. Elke kothuis huisves n maksimum van 6 mense en bestaan uit twee slaapkamers elk. Daar is n dubbelbed en twee enkelbeddens in een kothuis n dubbelbed en twee 3/4 beddens in een kothuis en n dubbelbed en twee stapelbeddens in die ander. Daar is ook n badkamer met n stort (twee kothuise het ook n bad), n kombuis, n leefarea met n kaggel en n groot braai-area buite. Die leefarea van elke kothuis is toegerus met n lugversorgingstoestel maar neem asseblief kennis dat daar nie televisies in die kothuise is nie. Gebruik die geleentheid om siel en liggaam te vernuwe in die rustigheid van die Klein Afrika kothuise, met die strelende geroep van die immerteenwoordige voëllewe.

Die kothuis is ten volle toegerus, buiten handdoeke en brandhout.

Met soveel besienswaardighede in die nabye omgewing, is Klein Afrika die ideale wegbreekbestemming vir n naweek of vakansie. Rust en Vrede Waterval (23km), die wêreldbekende Kango Grotte (19 km), die Swartbergpas (30km) wat lei na Gamkaskloof (Die Hel) en Prins Albert, en Oudtshoorn (8km) met al die omliggende volstruisplase is maar net n paar van die bestemmings wat u nie moet misloop nie. Oudtshoorn is ook bekend vir uitstekende restaurante met tipiese Klein Karoo en eg Suid-Afrikaanse disse, as u sou verkies om te gaan uiteet.

Kom beleef die onbeskryflike sonopkoms en ondergang van u kothuis se stoep. Ons sien uit daarna om u hier te verwelkom.

Terug Boontoe . . .

Tuis | Tariewe | Foto's | Inligting | Besienswaardighede | Kontakbesonderhede | ©2009 Klein Afrika